Daniel Ricciardo

Daniel Ricciardo
Ricciardo in 2019
Ricciardo in 2019
Geboortedatum 1 Julie 1989 (1989-07-01)
Geboorteplek Perth, Wes-Australië
Nasionaliteit Vlag van Australië Australiër
Aktiewe jare 2011–tans
Ou span(ne) Red Bull-Renault,[1] Renault
McLaren-Mercedes
Span in 2024 RB-Honda RBPT
Motornommer 3
Inskrywings 254 (253 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 8
Podiums 32
Loopbaanpunte 1329
Voorste wegspronge 3
Vinnigste rondtes 16
Eerste F1-wedren 2011 Britse Grand Prix
Eerste wen 2014 Kanadese Grand Prix
Laaste wen 2021 Italiaanse Grand Prix
Laaste inskrywing 2024 Belgiese Grand Prix
Laaste seisoen 2023
Verlede jaar plek 17de (6 punte)

Daniel Joseph Ricciardo (/rɪˈkɑːrd/ "Ricardo"; gebore 1 Julie 1989) is 'n Italiaans-Australiese renjaer wat by Formule Een betrokke is.[2] Hy het sy debuut in 2011 by die Britse Grand Prix vir die HRT-span gemaak as deel van 'n ooreenkoms met Red Bull Racing, vir wie hy onder sy susterspan Scuderia Toro Rosso getoets het. Ricciardo se permanente bestuurdernommer is 3.

Ricciardo het hom in 2012 voltyds by Toro Rosso aangesluit nadat die span van bestuurders verander het en in 2012 en 2013 met 'n Ferrari-aangedrewe motor gejaag. In 2014 is Ricciardo bevorder tot die Red Bull-span as plaasvervanger vir die uitgetrede Mark Webber tesame met die meervoudige wêreldkampioen Sebastian Vettel. In sy eerste seisoen met Red Bull onder Renault-krag, eindig Ricciardo derde in die kampioenskap met sy eerste drie Formule Een-oorwinnings, in Kanada, Hongarye en België.

Ná twee jaar sonder enige oorwinning het Ricciardo weer na bo-aan die podium op die Maleisiese Grand Prix van 2016 teruggekeer en uiteindelik die derde plek in die kampioenskap vir die tweede keer in drie jaar by die Meksikaanse Grand Prix afgesluit.[3][4] Hy het sedertdien oorwinnings by die 2017 Azerbeidjanse Grand Prix en die Chinese en Monaco Grands Prix in 2018 bygevoeg. Na 2018 het Ricciardo by Renault aangesluit en vir hulle in die 2019- en 2020- seisoen gejaag. Hierna het hy saam met Lando Norris vir McLaren vir die Formule Een-seisoene van 2021 en 2022 gejaag, maar reeds halfpad deur 2022 aangekondig dat hy die span aan die einde van die seisoen sal verlaat.

  1. "Dan's the man for 2014" (in Engels). Red Bull Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 2 September 2013.
  2. "Daniel Ricciardo says move to Ferrari from Red Bull not very likely". abc.net.au. 1 Julie 2015. Besoek op 31 Julie 2020.
  3. "Daniel Ricciardo Wins Malaysian Grand Prix in a Red Bull Sweep". New York Times. Besoek op 2 Oktober 2016.
  4. "How Daniel Ricciardo ended up finishing third in the Mexican Grand Prix". Fox Sports AU. Besoek op 30 Oktober 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search